Ons Gaan Trou Tjom
Elandré
&
Lizanne
Saterdag, 11 April , 2026
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
Wanneer
April 11, 2026
14:00 PM
Waar
Trou Diens – Doxa Deo Faerie Glen
Kuier – Kataluma Function Venue
Ons Ontmoeting
Elandré en Lizanne het mekaar vir die eerste keer raakgeloop by ’n eetplek genaamd Whisk in Centurion. Die spesifieke datum? Wel… dis nog oop vir onderhandeling (of bloot verlore in die geselskap daardie aand).
Elandré het saam met ’n paar vriende, reguit van ’n krieketwedstryd af by SuperSport Park, later die aand by Whisk opgedaag. Onder daardie vriende was ook sy ou universiteitsmaat, en natuurlik was Lizanne …….
Die Verlowing
Op ’n helder oggend vat hy en Lizanne ’n staproete teen die berg op. Soos hulle al hoër klim, word die wêreld om hulle stil – net hulle twee, die wind, en die ongelooflike uitsig. Amper bo, stel Elandré voor dat hulle ’n foto neem waar hulle altwee na die berge kyk. Hy stel die kamera op ’n klip, stel die timer, en sê vir Lizanne om om te draai vir die perfekte kiekie…
Trou Dag Tydlyn
Kerk Seremonie
Ons gaan ons ja-woord sê tydens ‘n spesiale seremonie by Doxa Deo Faerie Glen. Die seremonie word gelei deur iemand wie Elandré baie na aan die hart dra.
11de April 2026, 14PM - 15PM
Vertrek Na Kataluma Function Venue
Na die kerk-seremonie ry ons almal na die onthaal by Kataluma Function Venue.
Klik hieronder om die padkaart en aanwysings te sien.
11de April 2026, 15PM - 15:30PM
Foto Tyd
Ons gaan saam met ons fotograaf – Charmaine, ‘n goeie vriendin van die bruidspaar – ‘n paar spesiale oomblikke vasvang.
Terwyl ons foto’s neem, is julle welkom om solank te ontspan en deel te neem aan die pret!
11de April 2026, 16PM - 17:30PM
Verversings / Trou Speletjies
Tydens foto-tyd sal daar speletjies en verversings beskikbaar wees om die tyd lekker deur te bring.
Vir die wat in die lodges gaan slaap of wil kamp op die venue, nou is jou tyd om in te check of kamp op te slaan.
11de April 2026, 15:30PM - 17:30PM
Kuier
KDJ Entertainment gaan sorg vir die musiek en lekker atmosfeer.
Daar sal ook skaap op die spit of hoender braai bedien word op ‘n “eet-wanneer-jy-wil” manier – geen stres, net lekker kuier. Daar is nie n curvue vir die onthaal nie, so ons kan tot laat kuier.
11de April 2026, 15:30PM - Laat
Verloor Maar Nooit Vergeet
“Ons dra ons spesiale dag in ons harte saam met die geliefdes wat nie hier kan wees nie, maar wat vandag uit die hemel saam met ons glimlag.”
Martin Vlok
Pa Van Bruidegom
Ouma Rein
Ouma Van Bruid
Register
As julle wil iets wil deel vir ons honeymoon, kan jy die onderste knoppie druk. Ons waardeer iedere en elk van julle wat iets met ons deel, en asb, dit is nie vepligtend nie.
Akkommodasie
Ndlovu Lodge
199 Zwavelpoort St,
Zwavelpoort, Pretoria, 0081
087 153 5175
2min Ry van Venu
Zwavelpoort Guest House
Plot 260, Zwavelpoortstraat,
Zwavelpoort AH, Pretoria, 0081
082 374 4676
5min Ry van Venu
Kataluma Function Venue
Plot 199 Zwavelpoort St,
Pretoria, 0036
069 929 9986
Kamp Op die Venue